EnvironmentalHard newsNewsNews

Inheemse Boesmanstee boom skep probleme vir boere

Boesmantee word 'n geldmaak storie vir plaaslike bevolking

BURGERSFORT – Boere in die Watervalsriviervallei het gewaarsku dat hulle die reg in eie hande gaan neem oor die onwettige gebruik van die blare van die bekende inheemse boom, die Boesmantee.

unnamed (4)

Dit is ‘n middelmatige tot groot boom wat in KwaZulu-Natal, Swaziland, Mpumalanga en Limpopo voorkom.

In Engels staan dit bekend as bushmen’s tea, en in Arabies as khat. Die naam kom van die gebruik deur die Boesmans wat die blare gekou het voor hulle op jagtogte vertrek het.

Hulle het geglo dat dit hulle meer uithouvermoë gegee het en gesorg het dat hulle nie uitasem, moeg of honger word nie.

‘n Engelse ontdekkingsreisiger, natuur- en plantkundige, John Burchell, het in 1814 dié boom die naam Boesmantee gegee.

Offender at tree
Die blare word steeds as ‘n opkikker en ‘n verdowingsmiddel gebruik.

‘n Wildsboer en ‘n lodge-eienaar in die Watervalsriviervallei, mnr. Faan Kruger, het baie Boesmanteebome op sy plaas.

Hy sê daar is ‘n groot mark vir hierdie blare onder die plaaslike bevolking.  “Hulle noem dit khat en die mense klim hier oor my heinings om by hierdie bome uit te kom.

Hulle verkoop dit teen R25 vir ‘n klein botteltjie of 50c vir ‘n takkie met so vyf blare op.

image (2)
“Ek het al by die polisie op Burgersfort en Lydenburg gekla, maar hulle doen net mooi niks nie. Inteendeel het ek hulle al gesien van die khat verkoop in die lokasie.

Daar bly baie Somaliërs en Sudanese en hulle is gek daaroor.”

image (11)

Dit lyk nou vir Kruger asof dit ‘n lekker geldmaakstorie begin word want die onwettige betreding raak net erger.

Hy het nou al sy heinings geëlektrifiseer en het voetpatrollies ingestel wat hom ‘n klomp geld kos. “Dis nie net ek wat so voel nie. My bure kla ook daaroor. Die polisie het vir ons vertel dat daar nie ‘n verbod is op hierdie bome nie, nie soos met dagga nie,” het hy bygevoeg.

Die blare kan soos ‘n tee in warm water getrek word, en as ‘n natuurlike geneesmiddel aangewend word vir verskeie asemhalingsiektes.

Die bestanddeel daarin, cathinone, is ‘n verslawende stimulant wat ook gebruik word om seksdrang te verhoog en hongerpyne te onderdruk.

Die gebruik van die boom se blare is verbode, volgends die Dwelmwet, no. 140 van 1992. Egipte het ook hierdie middel verban.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button