BHS rugby spelers laat Curro behoorlik les opsê
Ongeag Curro se moedige probeerslae, kon hulle maar net nie die rugby spelers van BHS wen nie.

Barberton Hoërskool se spanne het ‘n suksesvolle naweek van sport agter die blad. Op Saterdag het hulle rugby, netbal en hokkie teen Curro op tuisveld gespeel.
Die o/15 en die tweede rugby spanne het Curro in die stof laat bly toe hulle die besoekers 17-5 en 53-0 geklop het. Dillan Hesselman was die speler van die wedstryd vir die o/15’s en Taphelo Mlangeni vir die tweede span.
Seuns wat gesorg het vir die agt drieë wat gedruk is, was Thapelo (2), Daclan Zitha (2), Stefan Swanepoel, Matheus Oberholzer, Reinhard Swart en Elmar Nolte. Vyf van die drieë is deur Elmar verdoel. Ongeag Curro se moedige probeerslae, kon hulle maar net nie die spelers van BHS wen nie.
Netbaluitslae en spelers van die wedstryd:
• o/14 A – gelyk 12 elk, Tema Shabangu
• o/14 B – verloor 4-13, Jabulile Nkosi
• o/15 A – wen 13, Precious Mabuza
• o/15 B – verloor 3-10, Palesa Zulu
• o/17 A – wen 30-2, Polite Twhala
• Jathira-eerste span – wen 11-10, Amanda Lubisi.
Hokkie-uitslae en speler van die wedstryd:
• o/14 – verloor 2-1, Goodness Sambo
• o/15 – wen 4-1, Shaan-Lee Putter
• Ford-eerste span – verloor 4-2, Megan du Plessis.
BHS se atlete het weereens uitgeblink toe hulle aan landloop by Ingenyama Logde in Witrivier deelgeneem het. Tydens hierdie wedloop is die atlete wat vir die nasionle kampioenskappe kwalifiseer wat op 6 Junie in Tzaneen gehou sal word gekies. Drie atlete, Bongani Nkosi, Siphesihle Msibi, Nhlanhla Magula asook hul afrigter, Renatha de Jager, sal Mpumalanga tydens die opkomende geleentheid verteenwoordig.
