Local newsLocal sportNewsNewsSchoolsSport

Bergfietsryer terug in die saal

Met sy laaste wedren, die Forest2Falls MTB het hy weer vir die 35km ingeskryf, ‘n eerste plek in die kategorie vir senior mans behaal en algeheel derde geëindig.

Marcél Eloff van Barberton was vir lank ‘n kranige bergfietsryer maar het vir ‘n tyd lank nie aan kompetisies deelgeneem nie.

Sy droom vanaf sy tienerjare was om ‘n professionele fietsryer te word en in Desember het hy weer in die saal geklim en met mening begin oefen. Sommer gou het hy ook weer in alle erns aan kompetisies begin deelneem en in die kort tydjie wat hy terug is, het hy al talle suksesse behaal.

Sy eerste bergfietswedren was die Hectorspuit MTB 50km en hier het hy met ‘n algehele 11de plek weggestap. Hy was ook eerste in die kategorie vir senior mans (ouderdomsgroep 19-29). Kort hierna het hy ingeskryf vir die Sappie Mankele MTB 35km en het hy ‘n algehele 19de plek losgery en derde gekom in die seniormansgroep. Met sy laaste wedren, die Forest2Falls MTB het hy weer vir die 35km ingeskryf, ‘n eerste plek in die kategorie vir senior mans behaal en algeheel derde geëindig.

Marcél sê: “Ek is daartoe verbind om ‘n groot sukses van my sport te maak. Ek glo dat my talent my ver kan vat, maar harde werk sal my na nuwe hoogtes, nuwe plekke en groot geleenthede toe neem.”

Marcél is tans besig om hard saam met Egbert de Bruyn, ‘n bekende fietsryer van Barberton, te oefen. Hulle berei voor vir die Wine2Whales-fietsren wat in skofte oor drie dae in November plaasvind.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button