Local newsNewsNewsSchool sportSport

Ringbal klub geniet vriendskaplike wedstryde

Alhoewel die manspan die knie voor hul teenstaanders moes buig, het hulle die wedstryd met besit oorheers, maar kon ongelukkig daardie voordeel nie uitbuit nie.

Barberton Ringbalklub het Saterdag vriendskaplike wedstryde teen Lydenburg by Coronation Park gespeel. Die wedstryde was ter voorbereiding vir die komende liga.

Alhoewel die manspan die knie voor hul teenstaanders moes buig, het hulle die wedstryd met besit oorheers, maar kon ongelukkig daardie voordeel nie uitbuit nie.

Hulle het naelskraap met 14-19 verloor. Die vroue het twee wedstryde gespeel en die eerste een gemaklik met 36-22 gewen, maar moes ongelukkig in die doodsnikke van die tweede wedstryd kyk hoe Lydenburg die laaste doel sink.

Die finale telling was 8-6 in Lydenburg se guns. Die ringbalfamilie wil graag die ondersteuners bedank vir hulle teenwoordigheid en versoek dat hulle weer in hul massas opdaag wanneer die liga in Junie begin.
Die speler van die mans se wedstryd was verdediger Ian Barnard en by die vroue was dit verdediger Leana Klawer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button