Local newsNewsNewsSchool sportSchoolsSport

Gholfdag lewer nóg meer fondseop vir laerskool

Die geld wat ingesamel is, gaan vir die gr. 7-afskeid en die aankoop van rekenaars aangewend word.

Laerskool Lydenburg se heel eerste fondsinsamelingsgholfdag wat Saterdag by die Lydenburg Gholfklub plaasgevind het, was ‘n groot sukses.

In plaas van die jaarlikse lentedans, het die skool vanjaar ‘n gholfdag gehou.

Die geld wat ingesamel is, gaan vir die gr. 7-afskeid en die aankoop van rekenaars aangewend word.

Volgens Helloïse Oosthuizen, ‘n onderwyser, kon hulle reeds Saterdag-oggend sien dat die geleentheid meer fondse as die lentedans sou oplewer. Agtien spanne het aan die vierbalspan-spel-formaat met ‘n scramble-dryf deelgeneem. Die dag is met ‘n prysuitdeling afgesluit waar elke deelnemer met ‘n prys beloon is.

“Verskeie pryse kon gewen word, soos vier gholfgeskenk-bewyse van R500, ‘n sonkraggeiser, verblyf by Verlorenkloof-gastehuis, ‘n blouwildebees-, ‘n rooibokkarkas, SPAR-koopbewyse en nog vele meer,” het Oosthuizen vertel.

Jaco Fourie, Kobus (Kabous) Rademeyer, Coenie du Preez en Renier Ras se span was die wenners van die dag, met Japie Jacobs, Wilma Griesel, Bert Griesel en Thinus Ras tweede, gevolg deur Morné van Esch, Tony Henery, Mike Cowell en Louw Maritz.

Van Esch het ‘n prys vir die langste dryfhou ontvang. Jaco Coetser, Solly Vaid en Rademeyer het pryse vir naaste aan die putjie ontvang.

Twee gelukkige trekkings was op die spel. Wilma was die wenner van ‘n Caltex-smulmandjie en Coetser kon met ‘n kruiwa vol allerlei voggies in die kruiwatrekking van Laerskool Lydenburg wegstap.

Die skool bedank graag almal wat bygedra het om die dag so ‘n sukses te maak – al die spelers en die borge: Steelburger/Lydenburg Nuus, Marx Loodgieters, Verlorenkloof, Lavande Gastehuis, Hanas Mica, Hunter’s Boma, Lybasol, Sanlam, SPAR, PG Glass, Glencore, Samancor, Silveroaks, Caltex, Toyota, Gijerco, Volkswagen, Ocean Basket, Rudi’s Auto Electricians, Abella Salon, La Femme Salon, AGWJ, Bakgat Biltong en Monzoon. “Dankie ook aan Marlise, Sybrand en hul personeel by die Lydenburg Gholfklub,” het Oosthuizen bygevoeg.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button