FeaturesLifestyleLocal newsNewsNewsPeopleSchools

Hier kom ‘n Franse revolusie

Parlons français, of kom ons praat Frans, ja, hier in Lydenburg.

LYDENBURG – Parlons français, of kom ons praat Frans, ja, hier in Lydenburg.

Gerda Whitehorn, ‘n bekende op die dorp, wat op universiteit Frans studeer en ook haar honneurs in Frans deur Unisa gedoen het, bied klasse vir ‘n ieder en ‘n elk wat daarin belangstel.

Vir Gerda is dit nie ‘n taal nie, dit is ‘n passie. “My passie vir die taal het in standerd ses in Affies (Afrikaans Hoër Meisieskool in Pretoria) onstaan toe die skool se legendariese mej.

Annemarie Kriel (later De Munnik), ons aan Gigi, haar Franse poedel bekendgestel het. Sy het met ons en die poedel hoofsaaklik Frans gepraat. Destyds het die helfte van Meisies Hoër Frans as vak geneem,” vertel Gerda.

Sy gee Maandae klasse aan leerlinge van Hoërskool Lydenburg (LHS) en Woensdagoggende aan ander wat belangstel by Koffie@Imbali.

“My visie vir die ‘Francophiles de LHS’ is dat hulle ‘n liefde vir Frans sal ontwikkel, dat hulle met mekaar sal Frans praat, dat hulle Franse musiek en digkuns lees, luister en verstaan, en dat hulle tone ook sal omkrul as hulle dié mooi klanke en subtiliteite van die taal begin verstaan.

Frans is nie ‘n maklike taal nie, maar al wat nodig is, is nuuskierigheid en passie. Dis pretklasse sonder eksamens, met baie praat en sing.”

Kom val in op ‘n Maandag om 16:00 of 17:00 by LHS of Woensdae by Imbali. Skakel Gerda Whitehorn by 079-515-7799 of stuur e-pos na gerda.whitehorn@pamgolding.co.za

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button