Geen genade vir Lydenburg-spanne op tuisveld
Lydenburg het gasheer op hul tuisveld vir rugby- en hokkiewedstryde teen Hoërskool Secunda gespeel.
Dit was ‘n uitdagende naweek vir sportspanne van Hoërskool Lydenburg, wat, ondanks goeie pogings, die knie in meeste van hul ligawedstryde teen Hoërskool Secunda moes buig.
Lydenburg het gasheer op hul tuisveld vir rugby- en hokkiewedstryde teen Hoërskool Secunda gespeel.
In die eerste helfte van die eerste span se rugbywedstryd, moes Lydies berge versit om die spelers van Secunda te tem. Hoërskool Secunda kon daarin slaag om 17 punte in die eerste helfte teenoor die sewe van die tuisspan aan te teken.
Lydies het met mening in die tweede helfte teruggekom, maar het te min skietgoed gehad en die wedstryd met 24-14 verloor.
Hoërskool Lydenburg se eerstespan-hokkie het hul bes probeer, maar ook hulle moes die onderspit met 3-0 teen die besoekers van Secunda delf.
Die tuisveldvoordeel het nie in die guns van die plaaslike spanne getel nie.
Die laagste puntetelling was die o/14A-rugbyspan wat ‘n loesing van 86-0 deur die span van Secunda toegedien is.
Uitslae
Hokkie
O/14A: Lydenburg 0-3 Secunda
O/15A: Lydenburg 1-1Secunda
O/16A: Lydenburg 0-4 Secunda
Tweede span: Lydenburg 0-3 Secunda
Eerste span: Lydenburg 0-3 Secunda
Rugby
O/14A: Lydenburg 0-86 Secunda
O/15A: Lydenburg 3-34 Secunda
O/15B: Lydenburg: 5-22 Secunda
O/16A: Lydenburg 15-15 Secunda
O/16B: Lydenburg 14-34 Secunda
Tweede span: Lydenburg 15-33 Secunda
Eerste span: Lydenburg 14-24 Secunda.
