Local newsNewsNewsSchools

Jong leerlinge beïndruk met wetenskapvernuf

Die beoordelaars was veral met die leerders se kennis van die spesifieke konsepte wat ontwerp is asook hul navorsing beïndruk.

Van kreatiewe kragopwekkers tot wondertablette en mikrogolfmengers. Met konsepte soos dié het jong wetenskaplikes van Hoërskool Nelspruit (NHS) nie net beoordelaars van die jaarlikse wetenskapekspo beïndruk nie, maar ook bekommerde gemeenskapslede gerusgestel dat beurtkrag beslis nie dié jong entrepreneurs sal onderkry nie.

Van die sowat 200 projekte is daar slegs 40 gekeur om aan dié geleentheid deel te neem en wat dit selfs meer verstommend maak, is dat al die Nellies nou eers in gr. 9 en gr. 10 is.

“Die standaard van die projekte was uiters hoog,” het die skool se woordvoerder trots gesê. Die beoordelaars was veral met die leerders se kennis van die spesifieke konsepte wat ontwerp is asook hul navorsing beïndruk.

Vanjaar se beoordelaars was

mnr. Jurg Genis, ‘n elektriese ingenieur, mnr. Schalk Schoeman van die Landbounavorsingsinstituut, me. Ria Wilken, ‘n bekende navorser in die gemeenskap, mnr. Louis Dentan wat in die sakesektor betrokke is, asook senior onderwysers van die skool. Leerders wat goueseël-sertifikate verwerf het, aldus 80 persent of beter, sal die skool in die Ehlanzeni Eskom-streeksekspo se uitstalling sowel as dié van die Tritech-ekspo verteenwoordig. Beide vind in Julie plaas.

Die skool meen egter dat meeste van dié jongelinge hul oog op die nasionale ekspo het en hoop om eindelik na die internasionale ekspo deur te dring.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button