LifestyleLocal newsNewsNewsPeople

Dierekinders kry nuwe tuistes

Danksy verskeie diereliefhebbers het meeste van Home 4 Paws se weggooihonde liefdevolle huise gekry

LYDENBURG – Danksy verskeie diereliefhebbers het meeste van Home 4 Paws se weggooihonde liefdevolle huise gekry.

“Ons is baie trots dat ons vorige honde aanneem-ouers gekry het. Duisende dankies aan al ons nuwe ouers, mag die honde hullle lewens verryk. Ons bedank ook graag vir Andries en Annalize Venter wat hulle ontferm het oor ‘n teef en een kleintjie wat deur ander mense op die Dullstroompad weggegooi is,” sê die eienaar van Home 4 Paws, Cathy Schutte.

Drie van die teef se vier kleintjies is op die pad doodgery voor Andries en Annalize haar en die oorblywende hondjie opgelaai het.

“Ek wil asseblief ‘n beroep doen op mense om nie hul honde langs die pad weg te gooi nie en nog minder om hulle agter te laat as hulle verhuis. Dit is wreed en onmenslik en daar is ander oplossings.”

Cathy sê dat diere deel is van God se skepping. “God het hulle aan ons toevertrou. Wees lief vir dit wat Hy aan ons gegee het.”

Daar is egter nog aanneemhondjies beskikbaar en enigiemand is welkom om Cathy te skakel vir aanneming.

As enigiemand enige weggooihonde in die dorp gewaar, kan Home 4 Paws

by 082-462-5754 geskakel word.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button