AnimalsLocal newsNews

Honde kry eindelik tuiste by ou vriend

Hy het egter gesê dat Lola toe eintlik Nina was en alhoewel hy nie wou uitbrei oor hoe hy dié hondekinders ken nie, gesê hy is verheug dat hy hulle uiteindelik opgespoor het.

MBOMBELA – Cody en Lola, oftewel Nina, het verlede week stert in die lug die reis na hul nuwe tuiste in Sabie aangedurf.

John de Beer het in reaksie op ‘n artikel wat vroeër in Laevelder verskyn het, ingestem om hom oor dié brakke te ontferm. Hy het egter gesê dat Lola toe eintlik Nina was en alhoewel hy nie wou uitbrei oor hoe hy dié hondekinders ken nie, gesê hy is verheug dat hy hulle uiteindelik opgespoor het.

Volgens Monty Pienaar van Pro-Life Pet Rescue waar die honde sedert Desember gebly het, het ‘n vriendin aan John vertel dat die honde dringend ‘n tuiste soek. John het Pro-Life dadelik gekontak en kom kyk of dit die honde was wat hy in gedagte gehad het. Tot almal se verbasing, was dit.

“Die honde was in die wolke toe hulle John sien en mens kon dadelik agterkom dat hulle mekaar al vroeër ontmoet het,” het Monty vertel.

Cody en Nina was die afgelope ses maande in Pro-Life se sorg nadat hul eienaar na Namibië verhuis het.

Monty sê hy is verheug dat dié lieflinghonde eindelik ‘n goeie tuiste gekry het. “Ek was in die sewende hemel, want ek weet hulle het ‘n goeie baas gekry.”

Enigiemand wat net soos John bereid is om ‘n tuise aan ‘n hond of kat te bied, kan Monty by 079-498-7971 skakel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button