NewsSchools

Groot verrassings wag almal by markdag

"Ons beplan 'n dag vol pret en plesier wat beloof om iets vir 'n ieder en 'n elk te bied - van 'n teetuin vir die vroue tot 'n motoruitstalling vir die mans. Dasha gaan selfs vir ons 'n modeparade hou wat beloof om elkeen se hart te smelt."

Indien jy nog geen planne vir 1 Augustus het nie, moet jy nou dié datum in jou dagboek neer pen. Dasha-skool nooi almal hartlik uit om deel te hê aan sy Epic Fair, ‘n fondsinsameling, maar meer belangrik ‘n bewusmakings-veldtog.

Dit vind eersdaags by Lowveld High School plaas en wat aanvanklik maar net nog ‘n witolifantverkoping sou wees, blyk nou veel groter te wees.

Volgens Jackie van Wyngaard, ‘n ouer wat nou by die skool betrokke is, het ‘n student aan die Noordwes Universiteit onlangs haar hulp by Dasha aangebied en dié aanvanklike mark in ‘n groot affêre omtower.

“Ons beplan ‘n dag vol pret en plesier wat beloof om iets vir ‘n ieder en ‘n elk te bied – van ‘n teetuin vir die vroue tot ‘n motoruitstalling vir die mans. Dasha gaan selfs vir ons ‘n modeparade hou wat beloof om elkeen se hart te smelt.”

Sy sê die idee agter die pretdag is nie soseer om fondse in te samel nie, maar eerder om ‘n geleentheid aan die publiek te bied om die skool en kinders te besoek, alhoewel fondse altyd broodnodig is.

Dié skool vir gestremdes nooi almal hartlik uit om die dag saam met hulle te kom geniet. Navrae: Jackie van Wyngaard by 073-027-9106.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button