NewsNewsSchools

Meesterklas in eg-SA dis

Boerewors was die natuurlike keuse vir die demonstrasie by Curro.

Miskien is jy een van daardie mense wat nie heeltemal seker is waar kos vandaan kom, of hoe sekere produkte gemaak word nie? Curro-leerders het nie meer hierdie uitdaging nie, veral nie as dit by boerewors kom nie.

As deel van die skool se verbruikerstudies-kurrikulum is leerders onlangs aan vleis en sekere gaarmaakmetodes daarvan bekendgestel. Boerewors was die natuurlike keuse vir demonstrasie, aangesien gestopte wors baie geliefd en eg tradisioneel in die land is, vertel demonstrasieleier, mnr. Hennie van der Merwe.

“Ons jong gehoor het sommer dadelik nostalgies geraak met die aankondiging dat oom Hennie ‘boeries’ gaan maak en braai om te evalueer! Die demonstrasie het ongelooflike reaksie uitgelok.

“Aan die een kant het die meerderheid leerders nie geweet dat vark- of skaapderms gebruik word om wors te stop nie en die proses van vleisverwerking het sommige verbaas.

Aan die ander kant het van die leerders dadelik na die les in ‘n ry gestaan om te hoor of hulle nie hul hande op ‘n stukkie eg Suid-Afrikaanse lekkerte kan lê nie.”

Hy is deur me. Marilize van der Merwe bygestaan. Hulle sê dit was ‘n voorreg om ons jeug te kon verryk en hul stokperdjie met die leerders te kon deel. “Vir my, bly ‘n lekker stukkie boerewors, bobaas! Dis koningskos!” sê Marilize.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button