Tweede span laat Penryn op hul neuse kyk
Heelwat Barberton ondersteuners het opgedaag ongeag die koue dag en die atmosfeer was gemoedelik. Die speler van die dag was Matheus Oberholzer.

Saterdag het daar groot opgewondenheid onder die ondersteuners geheers toe Barberton Hoërskool (BHS) se tweede rugbyspan Penryn op hul tuisveld in die stof laat byt het.
Dit het om 09:00 afgeskop en Penryn het die eerste punte met ‘n drie wat hulle nie kon verdoel nie aangeteken. Kort daarna het Elmar Nolte van BHS twee strafskoppe oorgesit en die Barbertonners het met 6-5 voorgeloop.
Bheki Gininda het vir ‘n drie gesorg wat deur Elmar Nolte verdoel is en die telling op 13-5 te staan gebring het. Die verdediging was uit die boonste rakke en ongeag Penryn se probeerslae kon hulle maar net nie deur die spelers van BHS dring nie.
Penryn het ‘n rooi kaart en BHS ‘n geel kaart gedurende die wedstryd ontvang. Heelwat ondersteuners het opgedaag ongeag die koue dag en die atmosfeer was gemoedelik. Die speler van die dag was Matheus Oberholzer.

