GalleriesLocal newsNewsNews

Kapperjolle op ‘n einde toe bakkie in rivier beland

Jongman se bakkie moes Saterdagoggend uit die Krokodilrivier gehys word ná 'n kuier by 'n ontkleedans.

MBOMBELA – ‘n Jongman se jolige aand uit na ‘n ontkleedansvertoning het rampspoedig geëindig toe hy met sy Isuzu-bakkie in die Krokodilrivier beland het.

Mnr. Sven Brink (21) was Vrydagaand saam met sy vriende by die Oewersig-saal voordat hy omstreeks 01:30 die volgende oggend in die water beland het.

Dis egter nie duidelik hoe die voorval plaasgevind het nie.

Die bakkie het vroeg Saterdagoggend in die rivier beland.
Die bakkie het vroeg Saterdagoggend in die rivier beland.

Dit wil voorkom of hy sy bakkie in die verkeerde rat gesit en vorentoe in die rigting van die rivier beweeg het, in plaas daarvan om dit in trurat te sit. Hy het gevolglik beheer oor die voertuig verloor.

Volgens sy pa, mnr. J.H. Brink, het sy seun eers uit die bakkie geklim toe dit amper heeltemal onder die water was.

Ooggetuies het aan Laevelder gesê daar was vier kratte met bier en twee brandewynbottels agterop die bakkie.

Met Laevelder se aankoms het hulle by die rivier afgedryf. Een bottel is herwin.

Volgens bronne wat kort ná die ongeluk op die toneel was, het Brink nie eens geweet of daar iemand anders saam met hom was nie. Hy het aanvanklik gedink hy was alleen, maar ooggetuies by Oewersig-saal het gesê dat een van sy vriende saam met hom in die voertuig geklim het.

Dit het lede van die polisie en wegsleepdienste sowat 'n uur geneem om die bakkie uit die water te hys.
Dit het lede van die polisie en wegsleepdienste sowat ‘n uur geneem om die bakkie uit die water te hys.

Lede van die polisie se duik-en-reddings-eenheid op Witrivier is toe Saterdagoggend saam na die toneel – nie net om die bakkie na bo te bring nie – maar ook om seker te maak dat daar nie moontlik ‘n passasier saam met Brink tydens die voorval was nie.

Kapt. Pottie Potgieter, bevelvoerder, het die ysige water getrotseer om te kyk of daar nie dalk iemand onder die water was nie, maar kon niks kry nie.

Hy is deur sy vrou, kapt. Joey Potgieter en AO André de Lange bygestaan.

Volgens ooggetuies, was daar vier kaste bier en twee bottels brandewyn agterop die bakkie.
Volgens ooggetuies, was daar vier kaste bier en twee bottels brandewyn agterop die bakkie.

Brink was later die oggend nêrens te sien nie, maar sy pa en ‘n vriend het wel gestaan en toekyk hoe polisielede en Van Wettens-beamptes spook om die bakkie uit die rivier te haal.

Dié vriend was die vorige aand saam met hom by die ontkleevertoning en is deur organiseerders gevra om die saal weens sy oproerige gedrag te verlaat.

“Dit het sowat ‘n uur geneem om die bakkie uit te katrol,” het mnr. Willem Swart van Van Wettens gesê. Dié bakkie is met twee rooi plastiekrenosterhorings toegerus.

Ironies genoeg lees een van die plakkers op die agterkant: “Protected by angels”.

Brink gaan nie van dronkbestuur aangekla word nie. Volgens kapt. Dawie Pretorius, woordvoerder vir Mbombela SAPD, kan daar nie bewys word dat hy onder die invloed bestuur het nie, omdat hy nie in die bakkie was toe die polisie op die toneel aangekom het nie.

Die bakkie het op 'n groot klip op die rivierbodem beland.
Die bakkie het op ‘n groot klip op die rivierbodem beland.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button