NewsNewsSchools

Kunswerke besorg Robbies plekke in provinsiale-uitstalling

'n Groep leerlinge het onlangs by die Ehlanzeni FET Kuns- en Ontwerpkompetisie goud vir hul kunswerke verwerf.

‘n Kunstige groep leerlinge van Hoërskool Rob Ferreira het goue sertifikate tydens die jaarlikse Ehlanzeni FET Kuns- en Ontwerpkompetisie verwerf. Dominique van Niekerk (wat twee goues ontvang het), Tristan Melman, Tommy Ferreira, Kassandra Coetzee, Ayanda Dladla, Charne de Jager, Walter van Heerden, Megan Buytendagh en Shana Bensch het ‘n verskeidenheid kunswerke ingeskryf.

Die doelwit van die kompetisie is om jong talent te identifiseer en vir verdere ontwikkeling ten toon te stel. Die organiseerders hoop ook om die vakke, kuns en ontwerp, wat net in ‘n paar skole aangebied word, te bevorder. Hulle visie is dat ten minste een skool per kring hierdie vakke kan aanbied om leerlinge se talent te ontgin.

Dit is die 10de jaar dat die Mbombela Stadsraad die uitstalling ‘n plekkie gee en die presteerders is tydens ‘n prysuitdeling vir hul kreatiwiteit en tegniek beloon.

Danksy die Robbies se puik prestasies, gaan die groepie nou ook aan die Mpumalanga-vlak van die kompetisie deelneem. Slegs goue-sertifikaatwenners word na die uitstalling genooi.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button