Matrieks ontluik in al hul glorie
Die aand waarna duisende matriekleerlinge regoor die land 12 jaar lank uitsien, het Saterdag eindelik vir die leerlinge van Hoërskool Nelspruit aangebreek - matriekafskeid 2015.
MBOMBELA – Die aand waarna duisende matriekleerlinge regoor die land 12 jaar lank uitsien, het Saterdag eindelik vir die leerlinge van Hoërskool Nelspruit aangebreek – matriekafskeid 2015.
Die sowat 260 matrieks het honderde nuuskieriges na die Emnotweni Arena gelok en hulle behoorlik na hul asems laat snak soos wat hulle hul verskyning in die allermooiste uitrustings gemaak het.
Honderde ouers het behoorlik gebars van trots soos wat hulle kinders een vir een hul beste voetjie op die rooitapyt voorgesit het. Hier en daar het daar ook trane vrylik gevloei soos wat leerlinge se herinneringe aan hul skoolloopbaan voor hulle verbygeflits het.
Maar met die boodskap, “Groei”, het NHS seker gemaak dat dié trane, trane van blydskap was. Want hier op NHS se terrein, sê leerlinge het hulle presies dit gedoen – gegroei.


























