Jong akteurs het hope pret en plesier op die verhoog
tweede jaar 'n konsert en vanjaar is die tema Pret in brillcream. Alle leerlinge in die skool word by die konsert, wat Maandag afgeskop het en tot 3 September duur, betrek.
‘n Kleurvolle, opwindende, prettige aand – dit is wat op die inwoners wag wat die laerskool se revue gaan bywoon. Die skool hou elke
tweede jaar ‘n konsert en vanjaar is die tema Pret in brillcream. Alle leerlinge in die skool word by die konsert, wat Maandag afgeskop het en tot 3 September duur, betrek. Optredes is elke aand behalwe Vrydag.
Die kleingoed in die junior klasse open die konsert, waarna die seniors aan die beurt kom. Leerlinge is in twee groepe verdeel en kinders in al die grade neem deel. Die twee groepe wissel mekaar met elke optrede af, omdat die verhoog nie groot genoeg vir almal is nie. Kom kyk gerus hoe die leerlinge met hul talente op die verhoog woeker.
