EntertainmentLifestyleLocal newsNewsNewsSchools

Personeel en leerders bedel vir bydraes

Leerlinge se oorspronklikheid het die oorhand gekry en daar was boemelaars in verskillende kleding.

LYDENBURG – Om geld in te samel vir die opknapping van die skool en die aanskaf van ‘n klimraam, het leerlinge en personeel van Jakkalskrans Akademie verlede Woensdag en soos boemelaars aangetrek. Hiervoor moes almal ‘n fooi betaal.

Leerlinge se oorspronklikheid het die oorhand gekry en daar was boemelaars in verskillende kleding.

Volgens me. Veronica Wallis, die skoolsekretaresse, gaan die projek maandeliks met ‘n ander tema gehou word. “Ons het besluit om die geldinsameling pret vir die leerlinge te maak.

So raak hulle meer betrokke en hoef ons nie soveel op finansiële bystand van die ouers staat te maak nie.Die oorspronklikste geklede leerling in elke graad ontvang ‘n prys.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button