Local newsNewsNewsSchools

Ware skoonheid het vele fasette by NHS

Maar op die ou end kon daar net twee wenners wees en met groot afwagting het die immergewilde Elvis se Seun die langverwagte aankondiging gemaak.

Spieëltjie, spieëltjie aan die wand, wie is die mooiste in die Nellie-sprokiesland? Dít is die vraag waarmee honderde mense Dinsdagaand na die Mnr. en Mej. NHS-kroning toe gestroom het.

En soos verwag het die 20 finaliste reeds van hul eerste verskyning af die gehoor meegevoer en beoordelaars wat onder andere die voormalige Mej. Suid-Afrika, Melinda Bam en Laeveld-rugbyheld, Faf de Klerk, ingesluit het, behoorlik laat kopkrap.

Maar op die ou end kon daar net twee wenners wees en met groot afwagting het die immergewilde Elvis se Seun, wat die hele aand topvermaak verskaf het, die langverwagte aankondiging gemaak.

Dié jaar was dit die pragtige Sarah Spruyt en aantreklike Jocha Cronjé wat as wenners uit die stryd getree het.
Sarah is ook as Mej. Fotogenies aangewys.

Maar wees verseker, dié gesogte titel gaan met veel meer gepaard as net ‘n mooi gesiggie.

Al 20 deelnemers het die afgelope paar maande hard gespook om groot bedrae geld in te samel. Dit word aangewend vir NHS-liefdadigheidsprojekte.

Met dié in gedagte was dit dus Andrew Dunn wat met die louere weggestap het toe hy die meeste geld ingesamel en daarmee die debutante-toekenning verower het.

NHS bedank graag al die borge, personeel, leerders asook hul ouers vir hul ondersteuning en bydrae tot hierdie aand se groot sukses.

Die volgende prestasies is ook behaal:
• Eerste Prins en Prinses: Francois Esselen, Jenica du Randt
• Tweede Prins en Prinses: Willie Vos, Lenandi de Beer
• Mnr. en Mej. Persoonlikheid: Andrew Dunn, Chane Pretorius
• Mnr. en Mej. Fotogenies: Justin Smit, Sarah Spruyt.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button