NewsSchools

Hulle is nie op hulle bekke geval nie

Die skool het dié leerlinge hartlik geluk en sterkte toegewens en gesê hulle is trots op uitblinkers soos hulle.

MBOMBELA – Sewe van Laerskool Bergland se leerlinge het onlangs aan die provinsiale radikale redenaarskompetisie deelgeneem en uitstekend gevaar.

Danté van der Westhuizen, Monya du Toit, Izelle Vosloo, Megan Bester en Ronel Basson het reeds na die nasionale kompetisie wat op 30 Oktober by Hoërskool Garsfontein in Pretoria sal plaasvind, deurgedring. Teneil le Rouz en Noélle McDonald sal egter weer op 5 September by Generaal Hertzog in Witbank deelneem om hul plek in die die nasionale kompetisie te probeer verseker. Die skool het dié leerlinge hartlik geluk en sterkte toegewens en gesê hulle is trots op uitblinkers soos hulle.

Voor: Megan Bester en Ronel Basson, (agter) Teneil le Roux, Danté van der Westhuizen, Monya du Toit en Izelle Vosloo.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button