NewsSchools

Slimkop verwerf hoogste toekenning in Voortrekkers

Akademie, gimnastiek... Nóg 'n akademiese balkie. Rugby, atletiek en na 11 jaar, Voortrekkers.

MBOMBELA – Die onderskeie balkies pronk op Hanno Bijzet, ‘n matrikulant by Hoërskool Bergvlam, se skoolbaadjie. Sy Voortrekkerbalkie moet nog vasgewerk word.

Hy het onlangs sy presidents-verkennertoekenning vir Voor-trekkers ontvang – die hoogste wat hy in sy skoolloopbaan kan verwerf.

“Ek is sedert gr. 2 deel van die Laeveld Kommando’s en dit is vir my ‘n groot eer om die toekenning agter my naam te kan skryf.”

Om in aanmerking vir die gesogte prys te kom, moet jy ‘n sekere aantal kampe en kentekens verwerf het en ‘n teoretiese toets met tenminste 75 persent slaag. Met sy regterhand wys hy hoe dik die boek is waardeur hy moes werk ter voorbereiding vir die groot toets, en het dit maklik met 82 persent geslaag. “Ek moes twee take, volkstrots en volks-held, inhandig. Riaan Cruywagen is uit-en-uit ‘n Afrikaner en het nog altyd vir die taal opgestaan.

Lees hier oor sy gimnastiekloopbaan: Drie gimnaste is kersies op SA’s se koek

My volksheld was Anton Rupert. Hy het met min begin, maar deur harde werk en nederigheid het hy sy miljoene gebruik om projekte op die been te bring. Hy het sy geld teruggeploeg in die gemeenskap.”

Hoërskool Bergvlam
Hanno Bijzet.

Die toets handel oor die Afrikaner en burgerskap van ons land. As dié Voortrekker aan ‘n oplossing vir die Eskom-fiasko kan dink, sal hy dit semi-privatiseer sodat aandele verkoop kan word wat beteken dat jy kapitaal kry én dit kan dan boonop beter bestuur word. “Ander vrae was oor die Groot Trek en wat by Nkandla gebeur het. By sekere vrae moes ek ook my eie opinie gelewer het en ek dink ek het die vraag oor Eskom goed beantwoord.”

Alhoewel Hanno effe gestres het oor of hy geslaag het, het hy ‘n goeie gevoel daaroor gehad. “Die aand voordat ek uitgevind het, het ek op Facebook gesien dat al my vriende wat ook die toets afgelê het, al ‘n e-pos ontvang het. Eers die volgende dag na skool toe ek in die motor klim, het my pa die gedrukte e-pos vir my gegee wat sê ek het met vlieënde vaandels geslaag.”

In sy 11 jaar by die Voortrekkers het Hanno goed gedoen en geleer wat hy andersins nie sou nie. “Jy loop in die bos en kom op ‘n waterval af en swem in die water of jy leer om met ‘n haelgeweer te skiet.”

Die slimkop is volgende jaar op pad Potchefstroom toe waar hy vir chemiese ingenieurswese ingeskryf is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button