NewsNewsSchools

Landsdienslede leef liefde vir arbeid uit

Om fondse in te samel kan ook groot pret wees, het die Landsdiensklub se lede van Laerskool Numbi tydens 'n geleentheid by Fourways se karwas op 14 Augustus geleer.

Leerlinge van gr. 1 tot 7 het ‘n kans gehad om hul liefde vir arbeid uit te leef deur voertuie te was om fondse vir die Landsdiensklub in te samel.

Die geleentheid was ‘n groot sukses en die klub wil graag vir Neil Shaw en Johan Swart vir hul geduld met die kinders en die gebruik van hul karwasgeriewe bedank.

Die Landsdiensklub is die aktiwiteit by die skool wat die meeste ouerbetrokkenheid geniet en ouers het die geleentheid aangegryp om die dag saam met hul kinders te geniet. Die klub is aan die einde van 2013 gestig en leerlinge het sedertdien heelwat kampe bygewoon en uitstappies onderneem.

Lees meer:

Laerskool Numbi sluit aan by Landsdiens

Numbi-leerlinge blink uit by landsdienskamp

Landsdienslede werk fluks op Thika Thika

Landsdiensklub geniet Mac Mac-staptog

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button