NewsSchools

Jong entrepreneurs woeker met hul talente

"Dit was 'n uiters suksesvolle dag en dit was lekker om te sien hoe die kinders inisiatief neem en die dag geniet."

Leerlinge van Laerskool Bergland het onlangs behoorlik met hul vaardighede gewoeker toe die gr. 7’s ‘n entrepreneursdag van stapel gestuur het.

‘n Wye verskeidenheid kleurryke stalletjies is reeds vroeg Vrydag met heerlike eetgoed en selfs speletjies opgerig. Volgens die skool is daar maande lank aan dié dag beplan en die leerlinge was só opgewonde toe dit eindelik aanbreek.

“Dit was ‘n uiters suksesvolle dag en dit was lekker om te sien hoe die kinders inisiatief neem en die dag geniet,” het die skool gesê.

Hulle bedank graag Buscor vir hul teenwoordigheid asook vir die ritte wat hulle vir die kinders gereël het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button