Local newsNewsNewsSchools

Blink uitrustings ‘n Hollywood-sprokie

MBOMBELA – Vir baie jong meisies is hul matriekafskeid een van die hoogtepunte van hul lewens. Dit was ook die idee wat geboorte aan die rolprent Hollywood in my Huis, geskenk het. Hier word gewys deur watter kreatiewe kanale die meisies (en seuns) moet gaan om te verseker dat hul uitrustings meer uniek as hul …

MBOMBELA – Vir baie jong meisies is hul matriekafskeid een van die hoogtepunte van hul lewens. Dit was ook die idee wat geboorte aan die rolprent Hollywood in my Huis, geskenk het. Hier word gewys deur watter kreatiewe kanale die meisies (en seuns) moet gaan om te verseker dat hul uitrustings meer uniek as hul klasmaats s’n is.

Laevelder het van die hoërskole in die gebied nadergehark om uit te vind watter van vanjaar se rokke ‘n merkwaardige storie vertel.

Megan Sauls van Hoërskool Bergvlam het nie ‘n idee gehad wat sy met haar rok wou doen nie. Sy het van die skool se 40ste bestaansjaar in die koerant gelees en summier besluit dat haar rok ‘n huldeblyk aan die skool se verjaarsdag gaan wees. “Ek het dadelik besluit om vir my ‘n ‘Bergvlam-rok’ te maak,” vertel sy. “My aanvanklike rok was ‘n donkerblou skepping. Ek kon nie my idee op die rok laat realiseer nie en het toe op ‘n wit rok besluit.”

Drie dae voor die glansgeleentheid, het Megan se ma die bul by die horings gepak en dit begin ontwerp. “Die embleem is deur my baie kunstige broer gemaak en het as middelpunt van die rok gedien.”

Megan sê sy het trots op die wete gevoel dat sy die enigste rok van sy soort sou hê. “Toe ek na my beeld in die spieël kyk, kon en die trots van ‘n ma en haar dogter sien. Ek wou my trots aan die onderwysers, leerders en ouers wys. Dit sal my altyd aan my skoolloopbaan herinner en aan al die goeie tye by Bergvlam. Wie weet? Dalk dra ek dit nog na ons 10 jaar reünie toe.”

Megan Sauls en haar metgesel.
Megan Sauls en haar metgesel.

Chadré Roux van Hoërskool Nelspruit (NHS) het een meter pienk kant benodig vir haar rok, maar kon egter nêrens die spesifieke kleur kry wat sy in gedagte gehad het nie. Sy en haar ma het by Midddestad Fabrics in Johannesburg gaan kyk en hulle het ook nie gehad nie. Die verkoopsdame het egter ‘n ander tipe kant aanbeveel. Dit was Chantille Lace wat van Frankryk ingevoer is. Toe hulle die vrou vra hoeveel sy in voorraad het, het sy gesê daar is nog net een meter oor. Haar ma het dit dadelik gekoop. Die kant is uitgesny en met die hand op haar rok gewerk.

Chadre Roux 2

Cherice Niewenhuizen van NHS se pragtige pers rok en die bloedrooi Porsche Spyder wat sy en Zandré Kruger in gery het, het toeskouers se asems weggeslaan. Pers is Cherice se gunsteling-kleur en om die prentjie verder in te kleur, het hulle met hul aankoms pers heliumballonne in die lug losgelaat. Haar rok is deur ‘n vrou van Ermelo gemaak en Zandré het sy pak by Suit for Hire gehuur.

“Die matriekafskeid was magical en het alle verwagtinge oortref,” het sy gesê.

Cherice Niewenhuizen en Zandré Kruger.
Cherice Niewenhuizen en Zandré Kruger.

Christine Stapelberg en Herman Oosthuizen, ook van Nelspruit Hoër het ‘n ou Volkswagen-bussie by ‘n medeleerder se ouers geleen. Hulle wou graag ‘n vrolike prentjie en atmosfeer vir hul groot aand skep en het poeierverf gebruik om die bussie met helder blomme, ‘n boom en reënboog te verfraai.

Christie Kruger van NHS het drie jaar gelede ‘n prentjie gesien en geweet dit is die rok wat sy vir haar matriekafskeid wou aantrek. Toe sy vanjaar op die internet gaan navorsing doen, het haar moed in haar skoene gesak toe sy die prys daarvan sien. Sy het egter nie moed opgegee nie en gereeld die betrokke weblad besoek waarop die rok geadverteer was. Op ‘n dag toe sy weer gaan kyk, was die prys onder R1 000. Sy en haar ma het dit vanaf China bestel, maar was egter baie benoud of dit wel hier sou uitkom. Ongeveer ses weke later, het sy een middag in haar kamer ingestap en die rok waaroor sy al drie jaar lank gedroom het, het op haar bed gelê. Haar metgesel was WF Slabbert.

Christi en WF 3

Arlete Foncesca (LHS)

“I got the idea for my dress from Instagram. Even though the design I saw was green, I know that pink complements my skin colour. My dad contacted a designer, Alyce from Paris, who then chose the material for me. I only sent my measurements through to Paris and the dress was shipped to me. I only tried my dress on three days before our matric farewell! I was delighted that it was a perfect fit, otherwise I would have gone in skinny jeans.”

Arlete Foncesca

Nonhle Nkambule (LHS)

“My mom saw a picture of my dream dress on Google – the perfect design and colour for me. I printed the picture and took it to the dressmaker who made my aunt’s wedding dress. The dressmaker bought the material and made the dress for me. The first time I tried it on, it was too small. Luckily there was enough time to alter it to a perfect fit. This was truly my dream dress.”

Muzi Mapope en die girl in rooi is Nonhle Nkambule.

Humairaa Hoosen (LHS)

“I bought my dress from Bride & Co but a dressmaker from Valencia added the stretched satin infused with lace bolero over the bodice. This bolero was added to cover my arms as it is our religion not to show our shoulders and arms. My hijab matched my shoes. I was worried that things might not match, but everything worked out perfectly in the end.”

Humairaa Hoosen

Sherale Haywood (LHS)

“I bought my dress from Boutique Bernadette in Menlyn. We went shopping, expecting a long day of looking for dresses. My niece and I went into this boutique where she handed my first dress – it was perfect and I fell in love with it immediately. Although I tried on several dresses after this one, my heart was set on my first choice. I had to order my shoes from Durban as they didn’t have my size of the specific shoe in Pretoria. My sister came to my farewell from Pretoria and forgot my shoes there. It was last-minute shopping in Mbombela!”

Sherale Haywood.
Sherale Haywood.

Khabonina Komape

“I rented my plain black dress from Daniella in Steiltes. She did all the alterations for me and I was the one who decided how it needed to be ‘bedazzled’. From a plain black dress that was transformed into a dazzling evening gown, I had my dream dress. On my way to the venue, a string of beads came loose and my friend had to make an impromptu plan to tie a knot to keep me from loosing my beads! In the end, I had the perfect matric farewell.”

Khabonina Komape.
Khabonina Komape.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button