NewsSchools

Honderde ballonne losgelaat vir vergifnis

Hoërskool Bergvlam het Erfenisdag op 'n unieke manier gevier.

MBOMBELA – Nie 99 nie, maar honderde pers ballonne was oral te sien toe Hoërskool Bergvlam se leerders verlede Woensdag Erfenisdag gevier het.

Die skool het besluit om vanjaar iets geestelik te doen en van negatiewe bagasie ontslae te raak.

Buiten die matrikulante wat eksamen skryf, het die res van die skool Woensdagmiddag op die rugbyveld heliumballonne losgelaat.

Bergvlam Ballonne Erfenisdag 2015

Me. Joan van Tonder het verduidelik dat elkeen ‘n briefie onderaan moes vasmaak waarin hulle iemand met wie hulle probleme ondervind het, moes vergewe. Die balon is dan saam met hul griewe laat gaan.

“Sê nou maar jy is kwaad vir jou ouers, hiermee wil ons hulle aanmoedig “to let it go“.

Die geleentheid is voorafgegaan met ‘n gebed, waarin die leerders gevra is om nie net hul “vyand” te vergewe nie, maar die Hemelse Vader te vra om hulle te seën.

Mnr. Org van den Berg.
Mnr. Org van den Berg.

“Wat kan ‘n beter boodskap wees om die kinders die langnaweek in te stuur?” het die adjunkhoof, mnr. Org van den Berg, gesê.

Hy het sy ballon vir een leerder gegee wie s’n nie wou wegwaai nie.

Bergvlam Ballonne Erfenisdag 2015

Met nog ‘n ballon daaraan vas, kon Ashley Matuna uiteindelik ook haar briefie laat gaan. Sy wou nie sê aan wie dit gerig was nie, maar het gebieg dat dit nodig was om te skryf.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button