
Die Expo, wat in Tzaneen plaasgevind het, is deur 250 leerders van die verskeie provinsies bygewoon en 170 projekte is beoordeel.
Dié twee leerders het met hulle De-stelle toestel ook die titel as wenner van die kategorie Gesondheidswetenskappe ingepalm. Die toestel bied aan gestremde kinders die sensasie van loop en bestaan uit ‘n baba-drasak met verstelbare bande wat tot gevolg het dat die kind op die grond kan staan, terwyl sy of haar gewig in die sak gedra word.
Ander leerders van NHS wat vir die nasionale ronde gekwalifiseer het, het ook uitgeblink en die volgende prestasies is behaal:
Silwer:
Francois Steyn
Gerhard van der Merwe en Jean-Louis Dentan
Roelof Visser en Marika Nieuwoudt
Hendrien du Preez en Miga van der Nest
Carel Theron en Mianca Minnaar
Brons:
Jan-Dirk Boshoff
