NewsNewsSchools

Kreatiewe Vlammies beïndruk provinsiaal

Leerders het top-plekke behaal in die onderwysdepartement se onlangse visuele kunste kompetisie.

Leerders van Hoërskool Bergvlam kon onlangs tydens ‘n provinsiale visuele kuns- en ontwerpkompetisie uithaal en wys.

Die Mpumalanga Departement van Onderwys het die kompetisie aangebied met die tema, “Nasionale Botaniese Lae: Ons Herkoms”.

Gr. 11-leerders, Lanetia Versveld en Genique Graetez was onder die toppresteerders in die visuele kuns-afdeling.

Onder ontwerp het die gr.10’s Alison Wessels, Micheala Stemmet en Tanya-Lee Coetzer onder die bestes geëindig.

Bergvlam se skakelbeampte, Rista Coetzee, sê die skool is besonder trots op die Vlammies wat so goed gevaar het.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button