
Aan al die 2015 matrieks in die Laeveld
Daar word dikwels gesê dat die lewe met ‘n interessante reis vergelyk kan word. Soos ‘n reis omweë, hoë pieke en diep valleie kan insluit, bestaan die lewe ook uit onvoorsiene gebeure, geleenthede, hoogtepunte en laagtepunte.
Matriek is dieselfde – die onverwagte gebeur, daar is baie geleenthede, oomblikke wat jy nooit sal vergeet nie. Voeg daarby die hope druk en verwagtinge en matriek kan ‘n veeleisende reis wees. Maar soos enige reis hang jou eindbestemming af van die manier waarop jy die reis aanpak.
Omring jou met positiewe mense. Moenie ophou droom nie, al lyk jou drome hóé vergesog. Onthou: harde werk word ALTYD beloon en sukses is die somtotaal van klein pogings wat elke dag herhaal word!
Sterkte met die eksamen. Wees bereid om opofferings te maak, pak uitdagings aan en glo in jou vermoë, juis wanneer jy wil twyfel. Hierdie eksamen is jou geleentheid om rigting aan jou lewe te gee. Gryp dit met passie aan en jy sal nooit spyt wees nie.
Alles van die beste
Hernus Pieters en Christi Kruger – Hoërskool Nelspruit
