NewsNewsSchools

Robbies vier die liefde tydens konsert

Net voor die kort vakansie het ‘n groep Robbies vir familielede en vriende ‘n kultuurinspuiting gegee deur 'n talentaand te hou.

Glanspersoonlikhede Micki Ninjah, Randall Scandal, Dofste Dolla en Garreth Spiff, gespeel deur Ayanda Dladla, Niel Erasmus, Samantha Hey en Lohan Venter, het tydens die Robbies se onlangse kultuuraand elke item beoordeel.

Rob se skoolkoor het twee liedjies gesing, waarna drama, dans en sang gevolg het. Daar was ballerinas, boereseuns, ‘n a cappella-groep wat met hul harmonisering en pragtige stemme betower het en talentvolle dansers wat met neonkleure in die donker passies uitgevoer het. Thomas MacNair het ook die gehoor met sy kitaarspel en sang tydens uitvoerings van “Go Solo” en “All of Me” beïndruk, terwyl die nagtegaal Christine Glass groot applous vir haar pragtige weergawes van “Stay” en “Skyfall” verwerf het.

Onderhoofmeisie Dominique van Niekerk het haar laaste buiging op die Robbie-verhoog met liedjies “Napoleon” en Lianie May se bekende “Vergeet my nie” gemaak. Hoofmeisie Manon het ook die gehoor gaande gehad met haar dansvernuf as agtergrond- en solodanser.

Die twee meisies is ook as die aand se wenners gekies en het met groot dankbaarheid en effe tranerige glimlagte hul bekers ontvang.

Gaan loer na meer foto’s hier.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button