NewsNewsSchools

Robbies spog met vele prestasies gedurende die jaar

Glimmende trofeë en hope sertifikate is tydens Hoërskool Rob Ferreira se prestige-aand oorhandig.

Robbies wat hul uitstekend van hul taak op die sport-, kultuur- en akademiese-velde gekwyt het, het sertifikate, bekers en trofees ontvang tydens Hoërskool Rob Ferreira se jaarlikse prestige-aand.

Die topleerlinge in elke graad het die Varië Actu-toekenning verwerf. In gr. 8 was dit Christina de Kock, gr. 9 Inge Engelbrecht, gr. 10 Julia Visser en Stefan Krieg en gr. 11 Juané Botha en Lohan Venter.

Slegs 11 leerlinge het erekleure verwerf vir uitstaande prestasies in verskeie velde soos akademie, sport, kultuur, die uitdra en bevordering van die skool se beeld en uitsonderlike persoonlikheidseienskappe.

Die volgende jaar se hoofleiers is ook aangewys: Angela Carbone en Thabiso Apane (onderhoofleiers), Dineo Ramodike en Brian Siyengo (koshuis-hoofleiers) en Inge Genis en Arno Smit (hoofleiers).

Kyk hier na foto’s van almal wat trofees en bekers ontvang het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button