Editor's choiceGalleriesNewsNewsNews galleriesSchools galleriesSports galleries

Burgie-swemmers is soos visse in die water

Vyf swemmers van Laerskool Burgersfort het verlede Saterdag die geleentheid gehad om behoorlik rimpelings in die water te maak, toe hulle aan die provinsiale swemuitdunne in Mbombela deelgeneem het

BURGERSFORT – Vyf swemmers van Laerskool Burgersfort het verlede Saterdag die geleentheid gehad om behoorlik rimpelings in die water te maak, toe hulle aan die provinsiale swemuitdunne in Mbombela deelgeneem het.

Die swemmers wat deelgeneem het, was Edward Barnes, Kayleigh Joubert, Ruben van Staden en Markus en Arelize Moll.

“Danksy die skool se eie swembad en fasiliteite kon ons swemmers gereeld oefen om hulle swemstyle te verbeter. Elke leerling het baie hard geoefen vir die provinsiale uitdunne. Ek is trots op elkeen van hulle,” vertel me. Anja van der Westhuizen, swemafrigter. Hoewel nie een van die swemmers ‘n plek behaal het nie, het almal hul swemtye verbeter.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button