NewsNewsSchools

Kleuters vertel die Kersverhaal

Met Kersfees om die draai het die Beertjie- en Smurfie-kleuterskole besluit om saam die eeue-oue Kersverhaal van Jesus se geboorte in hul jaarlikse skoolkonsert uit te beeld.

Leerlinge van die Beertjie en Smufie Kleuterskole was vreeslik oulik volgens die tema van die Kersverhaal aangetrek vir hul jaarlikse konsert en die dekor by die Hervormde Kerk was pragtig.

Elkeen het hul plek geken en heerlik saamgesing en op Kersliedere gedans met klavierbegeleiding deur Susan von Wiellie.

Hannes Strydom, Johan van Staden, Magiel Bronkhorst, Nea Ferreira, Enya Coetser, Jayden Cloete, Estiaan Theunissen, Cherie van Staden, Shaun Burger, Juandre Nortje, Liam Joubert en Enrico Joubert was ewe plegtig in togas en hoede geklee om hul sertifikate te ontvang. Die groepie het gr. R suksesvol voltooi en is gereed om volgende jaar by die groot skool in te val.

Die gehoor en kleuters het na die verrigtinge heerlik saamgekuier en verversings buite op die stoep geniet.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button