Community galleriesEditor's choiceGalleriesLocal newsNewsNewsNews galleriesSchoolsSchools galleries

Jong ballerinas maak ‘n draai in lekkergoedland

Al die klein balletdansers die geleentheid gekry het om die verhoog te betree in hul opgetooide bollas, balletskoene en tutus.

STEELPOORT – Elsabe Malan dans-akademie het Saterdag ‘n Twirling in Candy Land-konsert by Steelpoort Akademie gehou, waar al haar klein balletdansers die geleentheid gekry het om die verhoog te betree in hul opgetooide bollas, balletskoene en tutus.

Die konsert handel oor ‘n dogtertjie, Clara wat aan die slaap raak en wakker word in lekkergoedland. Hier bied die lekkergoedfee vir haar verskeie lekkernye aan soos Jelly Tots, roomys, sjokolade en suigstokkies, selfs die dienaars dra Clara op hul hande terwyl sy haar besoek aan lekkergoedland geniet. Maar na al die soetgoed se opwinding word sy weer in haar kamer wakker. Nou wonder klein Clara was dit ‘n droom of het sy werklik lekkergoedland besoek?

“Ek wil graag net al my pragtige balletdansers en hul ouers, my man en familie, Sharon School of Ballet, Leani Ballet en Steelpoort Akademie personeel bedank vir al die harde werk en moeite om die konsert ‘n sukses te maak,” vertel Elsabe Malan.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button