NewsNewsSchools

Flukse landsdienslede ruim sypaadjies op

Om rommel op te tel, klink dalk na ‘n straf, maar die Landsdiensklublede van Laerskool Numbi het op 4 November die taak gou in ‘n prettige groepaktiwiteit laat ontaard.

Een van die Landsdiensklub se waardes is om hul liefde vir arbeid uit te leef en Laerskool Numbi se klublede het op November 4 dit gedoen deur vullis om die skool en op die sypaadjies op te tel.

Leerlinge van alle ouderdomme was bereid om te help en meer as 20 swartsakke vullis is verwyder.

Die landsdiens klub gee ook ‘n paar wenke oor hoe om die gemeenskap skoon te hou en interessante feite:

• Moenie rommel strooi nie. Volg die eenvoudige beginsel van “laat ‘n plek soos jy hom gekry het”.

• Hergebruik, moenie net verbruik nie. Jy kan ‘n waterbotteltjie by jou hou om water in te gooi. Jy kan plastiekinkopiesakke weer gebruik of hou eerder ‘n sak spesifiek vir inkopies altyd by jou.

• Begin om jou papiere, plastiek en glas te herwin, want elke ton papier wat herwin word, verhoed dat 17 bome wat ongeveer 12 meter hoog is afgekap word. ‘n Herwinningsprojek kan ‘n goeie aktiwiteit vir die Desember-vakansie wees.

• Sowat 50% van die rommel wat op vullisterreine land, is papier wat alles herwin kon word. Sowat 90% van alle glas wat herwin word, kan gebruik word om nuwe glasartikels soos bottels en glashouers te maak.

• Elke glasbottel wat herwin word, spaar genoeg krag om ’n 100W- gloeilamp vir vier uur te laat brand.

• Wanneer jy ’n 2l-plastiekmelkbottel herwin, spaar jy genoeg energie om ’n 100W-gloeilamp vir 11 uur te laat brand.

• Een koeldrankblikkie wat jy herwin, spaar genoeg krag om ’n TV vir drie uur te laat werk.

Lees meer oor die klub:

Landsdiensklede leef liefde vir arbeid uit

Numbi-leerlinge blink uit by landsdienskamp

Landsdienslede werk fluks op Thika Thika

Landsdienslede geniet Mac Mac-staptog

Bianca Ngubeni, Keegan Clarke en Kayleigh Wallace help opruim.
Bianca Ngubeni, Keegan Clarke en Kayleigh Wallace help opruim.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button