
MBOMBELA – Dit is Dasha, ‘n skool vir gestremdes se tema van hul jaarlikse Kerskonsert wat Donderdag 19 November in die stadsteater plaasvind. Dit sal die 15de keer wees sedert die eerste konsert in 2000 in die Methodistekerk se saal gehou is.
Vanjaar is vir die leerders gevra wat in die lewe vir hulle belangrik is. Sommiges het gesê, kos, ‘n glimlag en musiek. Ander het weer gevoel dit is, die natuur, energie en dans.
Woensdagoggend het van die leerders met musiekterapie begin waar hulle liedjies vir die aand se optrede geoefen het. Daarna is hulle na die parkeerterrein waar danspassies ingewerk is. Die konsert begin met die bekende liedjie van Jessie J, “Price Tag” wat sê dat die lewe nie net oor geld gaan nie, maar ook oor eienskappe soos hierbo genoem. Altesaam 45 glimlaggerde gesiggies neem aan vanjaar se Kerskonsert deel.
Kaartjies kos R50 per persoon. Kinders onder vyf jaar geniet gratis toegang.














































