Skool se sportsterre vir hul prestasie vereer
Die jaarlikse sporttoekennings-funksie vir 2015 van Hoërskool Lydenburg is onlangs gehou waar leerlinge vir hul sportprestasies deur die jaar vereer is.
LYDENBURG – Die jaarlikse sporttoekennings-funksie vir 2015 van Hoërskool Lydenburg is onlangs gehou waar leerlinge vir hul sportprestasies deur die jaar vereer is.
Mignon Black word as die veelsydigste senior sportdogter van die jaar aangewys en verwerf ‘n ad hoc-toekenning vir uitnemendheid.
Sy verwerf ook dubbele provinsiale kleure vir fietsry en netbal.
Keagan Clark is as die sportman van die jaar aangewys. Hy verteenwoordig Mpumalanga in fietsry en verwerf ‘n agtste plek by die SA’s.
Tristan Badenhorst is die skool se rugbyspeler van die jaar.
Hy is lid van Mpumalanga se o/16A-span. Die netbalspeler van die jaar is Anastacia Dube. Sy is lid van die o/17A1-netbalspan wat tweede in die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe gekom het.
Jason Oosthuizen verwerf nasionale kleure in ringbal. Hy word ook as die algehele krieketspeler van die jaar aangewys.
Jacques Brits en Henco Erasmus is die gholfspelers van die jaar en die A-gholfspan is as die sportspan van die jaar vir seuns aangewys.





