Community galleriesEditor's choiceEntertainmentGalleriesLifestyleLocal newsNewsNewsNews galleriesPeopleSchools galleries

Wynveiling bring vir Steelies ‘n goeie oes in

Mnr. Anton Alberts, skoolhoof het tydens sy toespraak vertel dat die geld wat hier ingesamel word in die skool teruggeploeg word

BURGERSFORT – Inwoners van die kontrei het onlangs by Buffelsvlei Gastehuis vir Steelpoort Akademie se wynveiling as fondsinsamelingsprojek bymekaargekom.

Zandvliet-wynlandgoed het die geleentheid geborg. “Ons wynlande is in Ashton geleë en ons spesialiseer sedert 1976 in Shiraz. Die wyn het ‘n soeterige smaak met ‘n vrugte reuk. Dis vir ons ‘n voorreg om die skool se eerste wynveiling te borg,” vertel mnr. Jacques Cilliers, ‘n werknemer van Zandvliet.

Mnr. Anton Alberts, skoolhoof het tydens sy toespraak vertel dat die geld wat hier ingesamel word in die skool teruggeploeg word. Dit gaan onder andere aangewend word om minderbevoorregte leerlinge wat sukkel om skoolgeld te betaal, te help. Hy het die Buffelsvlei-personeel bedank en die Steelie-onderwysers vir hul harde werk met die dekor en suksesvolle beplanning.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button