Danel Verwey, ‘n leerling van Hoërskool Rob Ferreira, het egter ‘n paar weke gelede duisende redenaars en sprekers vanoor die land uitgestof met 92 persent in die Radikale Redenaarskompetisie se eksperimele afdeling. Sy het ook ‘n eerste plek in Engels voorbereide lees met ‘n punt van 94 persent verwerf.
Die dogter vertel dat die toespraak vir haar lekker was en dat sy baie gemaklik gelees het. Sy het verlede jaar ‘n derde plek in die redenaarsafdeling verwerf en vertel dat daar hierdie jaar baie meer deelnemers was. “Daar was ongeveer 25 000 inskrywings, maar ek het meer op my gemak gevoel want ek het geweet wat aangaan.”
Sy het besluit om die eksperimentele afdeling aan te durf aangesien sy lus was vir iets nuuts en meer as net ‘n praatjie. Die deelnemers se werk was van hoë gehalte en Danel vertel dat die wenner baie goed was.
Sy hou van toespraak skryf en vertel dat ‘n onderwyser haar daaraan help skaaf het om seker te maak dis haar beste werk.
Sy hoop om volgende jaar weer deel te neem, aangesien sy die motiveringspraatjies geniet en beplan om ‘n ander ontwerp te takel of vanuit ‘n ander oogpunt te praat. “Ek hou van nuwe uitdagings, probeer elke jaar iets nuuts en neem deel aan ‘n verskeidenheid afdelings.”
Sy slyp haar vaardighede deur in die spieël te oefen nadat sy ‘n toespraak geskryf het en neem ook aan die skool se redenaarskompetisie deel. Sy het hierdie ook aan die eistedfodd en ‘n Spelling Bee deelgeneem.
“Met hierdie ervaring het ek geleer dat ek tot meer in staat was as wat ek gedink het en meer myself moet challenge,” het sy afgesluit.
‘n Paar ander Robbies het ook puik presteer. Anke Willers, ook ‘n gr. 9, het ‘n derde plek in die Afrikaanse prosalees-afdeling behaal met 94 persent. Carmen Schoeman was vyfde in die Afrikaanse redenaarsafdeling met 90,5.
