Joggies wys weer hul slag op die setperke
Wie ken 'n gholfbaan beter as die joggie self?
Barberton Gholfklub se Sbusiso Nkosi het die vyfde Gholfjoggie-uitdagingstoernooi Maandag op die Nelspruit Gholfbaan met twee houe gewen.
Nelspruit se Lawrence Masango was tweede met 43 en nóg ‘n joggie van Barberton, Edmond Sibiya derde (42).
Dié dag het in 2010 met 16 spelers begin en tans neem 40 van onderskeidelik Mbombela, Witrivier, Hazyview, Malalane en Barberton deel.
“Ons kan sien ons het oor die jare gegroei en die spelers sien dat as ‘n spanboudag. Dankie aan al die betrokkenes wat dit moontlik vir ons maak om aan die dag te kan deelneem.
“Ons wil nie die verhouding met julle breek nie en ons wil graag in die toekoms meer jong en opkomende joggies sien deelneem,” het die verteenwoordiger van die joggies, Ludick NcoNco gesê.
Daar was altesaam 10 spanne wat onderskeidelik deur Kruger & Partners, Innibos, Vodacom, ProShop, Standard Bank, Hi-Q, Laeveld Media, Emnotweni, Du Toit Smuts en Everest Van Rental geborg was.
Die vierbal van Kruger & Partners was die groepwenner.
Comfort Nkosi het sommer twee pryse opgeraap vir naaste aan die pen op putjie een en twee.
Moses Mkhomazi en Foreman Matsebula het die bal die verste op die baan gedryf.
Vir die derde agtereen-volgende jaar is die joggies van Innibos met hulle geel kruisbande en goudgeel sonbrille as die besgeklede span gekroon.
Elke speler het met eiers van Heidel Eggs en groente-geskenkpakkie van Nelspruit Market weggestap.
Individuele wenners
• Eerste – Sbusiso Nkosi
• Tweede – Lawrence Masango
• Derde – Edmond Sibiya
• Vierde – Thomas Mkhatshwa
• Vyfde – Victor Mokoena.
Gelukkige trekkings
Jones Sanderson, Bafana Msibi, Chris Mothonto, Themba Khoza, Sipho Nkosi, Eric Nkosi en Sbusiso Nkosi.

