GalleriesLocal newsNewsNewsSports galleries

Gholfklub vier die jaar se hoogtepunte

Kambaku Gholfklub het op Saterdag, 5 November hul spelers van die jaar vereer.

Die deelnemers het die bloedige hitte getrotseer en hul beste gholf so sweet-sweet probeer speel.

Die formaat van die spel was in vierbal-alliansie, wat uit een dame en drie mans bestaan het.

Theo Stronkhorst het almal bedank wat die jaar bydraes gelewer het om die baan, sowel as die klub te bevorder en uit te brei, met spesiale verwysing na die spelers en borge, Piet en Harry van Dyk, wat in die tyd van droogte nogtans ‘n enorme bydrae gelewer het om die baan in ‘n goeie toestand te hou.

Rose Powell het Kambaku se naam hoog gehou deur uitstekende gholf te speel en het in November die Mpumulanga-geslote kampioenskappe sowel as senior trofee gewen.

Kambaku se dames was vanjaar ook die naasligawenners. Twee o/13-dogters, Megan du Plessis en Zarne Cilliers van Komatipoort Akademie, wat by die klub afrigting deur Rohan Greyvenstein en Juan Prinsloo ontvang het, die klub se eie “pro’s,” het die SA dubbelkampioenskappe-titel ingepalm.

Die klub neem met hartseer van Rohan Greyvenstein, klubbestuurder en eienaar van die Proshop, afskeid wat sy sakebelange uitgebrei het en die winkel by Nelspruit-klub gekoop het.

Hy is bedank vir die groot aandeel wat hy gehad het in die bevordering van gholf en uitbreiding in die vier jaar wat hy hier was.

Juan Prinsloo, wat self ook drie jaar betrokke was, verhuis volgende jaar na Middelburg. Dit is ‘n dubbele verlies vir die klub.

Die restaurant-personeel het hulself weereens oortref en ‘n feestelike ete vir die lede, spelers van die dag en hulle gades voorgesit.

Die dames in elke vierbal het die tafels in die gees van Kersfees getooi en die jaar is so kuier-kuier en in ‘n goeie gees afgesluit.

Toekennings vir die jaar

Klubkampioen mans: Antoni Britz

Klubkampioen dames: Lizette Barnard

Knoppiesdoringtrofee mans: Roan Mostert

Knoppies-doringtrofee dames: Roenel Basson

Knoppies-doringtrofee dubbelspel: Johan (Basset) Basson en Jacq Nel

Kambaku-kampioen 2015: Jaco Botha

Presidentsbeker dames: Polkadots en Loslappies gelykop. (kapteine Roenel Basson en Ronelle Putter neem trofee in ontvangs).

Uitslae van die dag se gholf

Eerste: Roenel Basson, Gerhard Basson, Jacq Nel, Conraad Stander met 107 punte

Tweede: Candice Delport, Khan Coetsee, Ricky Coetsee, Juan Prinsloo met l05

Derde: Nadia Goncalves, Jaco Botha, Chris Basson jnr., met 99

Vierde: Danielle Bosch, Conraad Bezuidenhout, Johan Basson, Brian Gordon met 95

Vyfde: Amanda Basson, Vandyk Kruger, Cas Botha, Harry Pretorius, met 95

Sesde: Shani Swanepoel, Christo Louw, Shanel Louw en Anton Venter met 93

Sewende: Martinette van Dyk, Pieter Lombaard, Piet van Dyk, Gert Erasmus met 93

Agste: Karien Greyvenstein, Stephan Greyvenstein, Salidoor du Preez, Nico Engels, met 89

Negende: Buks Saaiman, Phillip van der Merwe, Tiaan Viljoen, Annelien Viljoen, met 89.

Tiende: Rose Powell, Danny Cato, Roan Mostert, Chris Coetsee, met 87

Elfde: Anette Balcomb, Branden de Beer, Rob Spear, Nico Matthee, met 87

Twaalfde: Ronelle Putter, Kevin Nott, Linten Balcomb, Mike Bachelor, 82

Dertiende: Lizette Barnard, Jakkals Steyn, Danie du Preez, Clint Rourke, 80

Veertiende: Magda Stronkhorst, Theo Stronkhorst, Mell Stronkhorst, Elias Caldeire, met 79.

Naaste aan die penne:

Putjie 5 – Mel Stronkhorst

Putjie 8/16 – Nico Matthee

Putjie 18 – Ronelle Putter

Naaste aan pen vir twee houe – putjie nommer 7: Branden de Beer.

Langste drywe:

Dames: Lizette Barnard

Mans: Nico Matthee.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button