Local newsNewsNewsSchools

Slimkoppe ryg onderskeidings in

Jubelende leerlinge van Hoërskool Lydenburg het Woensdagoggend hul matriekuitslae by die skool gaan afhaal.

LYDENBURG – Jubelende leerlinge van Hoërskool Lydenburg het Woensdagoggend hul matriekuitslae by die skool gaan afhaal.

Die klas van 2015 het ‘n vir ‘n tweede agtereenvolgende jaar ‘n 100-persent slaagsyfer behaal en aangewys as die derde beste akademiese skool in Mpumalanga.

Die klas behaal ‘n totaal van 229 onderskeidings. Vier leerlinge behaal sewe onderskeidings, drie behaal ses, vier spog met vyf onderskeidings, vyf behaal vier onderskeidings, 15 leerlinge kry drie onderskeidings, 12 twee en 37 behaal een onderskeiding elk.

Altesaam 176 leerlinge het die eksamen afgelê met 129 wat universiteitsvrystelling gekry het, terwyl 46 vir diplomas kan studeer. Een leerling het toelating tot studie in ‘n hoër-sertifikaat.

Mignon Black is een van die toptien- presteerders in Mpumalanga. Sy word ook aangewys as een van die beste fisiese wetenskappe leerlinge in die provinsie en ontvang ‘n studiebeurs van R20 000 en nog ander pryse.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button