
LYDENBURG – Die klas van 2015 het ‘n vir ‘n tweede agtereenvolgende jaar ‘n 100-persent slaagsyfer behaal en aangewys as die derde beste akademiese skool in Mpumalanga.
Die klas behaal ‘n totaal van 229 onderskeidings. Vier leerlinge behaal sewe onderskeidings, drie behaal ses, vier spog met vyf onderskeidings, vyf behaal vier onderskeidings, 15 leerlinge kry drie onderskeidings, 12 twee en 37 behaal een onderskeiding elk.
Altesaam 176 leerlinge het die eksamen afgelê met 129 wat universiteitsvrystelling gekry het, terwyl 46 vir diplomas kan studeer. Een leerling het toelating tot studie in ‘n hoër-sertifikaat.
Mignon Black is een van die toptien- presteerders in Mpumalanga. Sy word ook aangewys as een van die beste fisiese wetenskappe leerlinge in die provinsie en ontvang ‘n studiebeurs van R20 000 en nog ander pryse.
Dié Laeveld-skole het ook goed tydens die matriekeksamen gevaar:
Distinctions by the dozen for Penryn
Lowveld High scores 93,4 per cent
Another 100 % pass for Uplands
Nellies maak skoonskip in die provinsie
















