NewsNewsSchools

Laerskool Witrivier se graad eens voel gou tuis by nuwe maats

Met hul splinternuwe skooltasse propvol skryfbehoefes en speelgoed, het die 158 nuwe gr. 1's van Laerskool Witrivier verlede Woensdagoggend dapper by hulle klasse aangemeld.

Alhoewel daar een of twee rooi gesiggies was wat duidelik nie beïndruk was dat mamma hulle alleen tussen die klomp vreemdes gelos het nie, was die res ene glimlaggies.

Daar is binne oomblikke in hul tasse gedelf vir inkleurkryt en hulle het entoesiasties ingekleur, met nuwe maatjies gesels of aandagtig na juffrou geluister.

Daar is hierdie jaar ‘n drieling (Flip, Julius en Mardus Hattingh) en twee tweelinge (Zahida en Zahid Methar en Talita en Nina Wessels) onder die nuwelinge. ‘n Paar oudleerlinge het ook hulle kinders kom inskryf: Carien Wessels wat vanaf gr. 4 in die skool was, Liezel Lüneburg (ondervoorsitter van die beheerliggaam) wat in 1983 as gr. 1’tjie aangetree het en Christo van Staden wat in 1981 ‘n gr. 1 by die skool was.

Mnr Frannie van der Riet, die skoolhoof, sê dat die dag besonder glad verloop het, as gevolg van die feit dat die nuwelinge reeds die vorige dag saam met hul ouers die skool besoek het.

“Die gr. 1’s is na hulle onderskeie klasse geneem om die juffrou te ontmoet en hulle skryfbehoeftes uit te pak en elkeen sy tafel te kies waar hy of sy die jaar gaan sit.”

Gaan loer na meer foto’s hier.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button