Community galleriesEditor's choiceGalleriesLocal newsLocal sportNewsNewsNews galleriesSchool sportSchoolsSchools galleriesSportSports galleries

Skilllies nie in dop gekruip

Burgersfort Laerskool het Vrydag hul jaarlikse interhuis met Burgersfort Toyota as hoofborg gehou

Burgersfort Laerskool het Vrydag hul jaarlikse interhuis met Burgersfort Toyota as hoofborg gehou.

Die Burgies is in die Hasie- en Skilliespan verdeel en geesdrif en uithouvermoë was die wenresep om die interhuistrofeë in te palm. Personeel was ewe bedrywig by die snoepie en by die baan- en velditems.

Elke atleet het die geleentheid gehad om aan items deel te neem, terwyl die ander kliphard op die paviljoene gesing het om punte vir die sangbeker te verwerf. Aan die einde van die dag het die Skillies die sang- en sportbeker gewen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button