NewsSchools

KA Interhouse

Hulle kompeteer nie meer in drie spanne soos in die ou dae nie, maar in vier verskillende fases

Komatipoort Akademie se leerders het Dinsdag 19 Januarie, op ‘n heerlike warm Komati-somersdag, tydens die jaarlikse interhuis gewedywer vir ‘n plek in die skool se atletiekspan.

Sommige leerlinge het die dag só geniet dat hulle besluit het om aan elke moontlike item deel te neem, slegs ter wille van goeie sportmangees. Ander kon weens al hulle talente nie aan alles deelneem nie. Dit het deeglike beplanning en hulp van ma en pa asook die onderwysers geverg om die leerders betyds by hul verskeie items te besorg.

Hulle kompeteer nie meer in drie spanne soos in die ou dae nie, maar in vier verskillende fases. Hoewel die opwinding van ‘n lekker ou huissport gemis word, het die klank van lekker spanliedjies weergalm, dirigente het in hul spesiale drag, op een of ander interessante manier hul verskyning op die baan gemaak, en stemme was behoorlik hees na dié geskree.

Hier volg die uitslae:

Victor ludorum

Junior laerskool – Janco Small

Senior laerskool – Diaan Vermaak

Junior hoërskool – Eduardt Maritz

Senior hoërskool – Franco Stander

Victrix ludorum

Junior laerskool – Angelique Brits

Senior laerskool – Janke Wasserman

Junior hoërskool – Christy Manteiro

Senior hoërskool – Pauline de Bruin.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button