Local newsNewsNewsSchools
Vlammies sit hand by vir Vrystaat se waternood
Al hoe meer skole en besighede samel water in vir mense in ander provinsies.

Hoërskool Bergvlam het verlede week ook ys deel gedoen om die waternood in ander dele van die droogte-geteisterde land te verlig.
Die leerders, onderwysers, en hulle gesinne kon daarin slaag om ‘n volle 1 502,5 liter drinkwater in te samel vir Water Shortage South Africa (WSSA).
“Ons is ongelooflik trots daarop dat elke bottel gemerk was as drinkwater, asook nie te koop en met ‘n boodskap van hoop daarop aangebring,” sê die skool se skakelbeampte Mandy Barnard.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
