AnimalsEnvironmentalLocal newsNewsNews

Reën, hier en landwyd, steeds ‘n kwessie van glo, hoop en bid

Mens, dier en plant het gejubel toe reën Maandag oor die Onderberg uitgesak het

MARLOTHPARK – Mens, dier en plant het gejubel toe reën Maandag oor die Onderberg uitgesak het.

Dit het omstreeks 06:00 begin, waarna daar kort-kort weer ‘n bui uitgesak het. Inwoners van die dorpie het teen ongeveer 07:00, al tussen 20mm en 30mm gemeet. Dit gons sedertdien op sosiale media soos die gemeenskap dankie sê, gevolg deur videos en foto’s.

Dinsdagoggend was die wolke nog dig en almal het vasgehou aan die hoop vir nog emmers vol reën, maar dit het opgeklaar. Die hele land is in ‘n wurggreep van die droogte en inwoners van Marlothpark het verlede week saam met die streke in die land waar dit wel gereën het, dankie gesê. Sedert November het die streek temperature beleef wat mens en dier lam gelê het, en tot Maandag het daar slegs 54mm geval.

Daar het verskeie elektriese storms gewoed, maar geen reën het geval nie. Op sosiale media word daar gereeld gebedskettings gehou. Gebede is verhoor en die gemeenskap bly steeds bid vir meer reën.

IMG_5564_78327-270x203

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button