Groentjies ontdek ‘n gelukkige tuiste
ie "Mini Bean"-groentjiekonsert wat verlede Donderdag deur die gr. 8-leerders van Hoërskool Lydenburg op die planke gebring is, het vir menige kwinkslae gesorg.
LYDENBURG – Die “Mini Bean”-groentjiekonsert wat verlede Donderdag deur die gr. 8-leerders van Hoërskool Lydenburg op die planke gebring is, het vir menige kwinkslae gesorg.
Dié konsert het onder leiding van mnr. Karel Botha en me. Ronel du Toit en die leerlingraad plaasgevind. Mini Bean was vanjaar die tema vir die gr. 8-klas van 2016.
Die storielyn van die konsert is deur die jeugraad geskryf en het gegaan oor die droom van Mini Bean wat oral gelukkig en aanvaar wou wees en verskillende scenario’s van sy ongelukkigheid is uitgebeeld. Eindelik beland hy by Hoërskool Lydenburg waar hy geluk vind.
Die leerlingraad het verskeie oudisies vir die hoofkarakters soos Mr Bean, Kim Kardashian, Mona Lisa, King en Michael Schumacher gehou, maar elke leerder het ‘n rol in die konsert vervul.
Isak Beytel, lid van die leerlingraad, vertel dat die konsert ‘n baie goeie idee is om die gr. 8’s in die hoërskool te verwelkom. “Nou kan hulle soos ware Hoërskool Lydenburg-leerders voel.”
