NewsNewsSchools

Nuwe onnies sluit by Laerskool Numbi aan

Laerskool Numbi spog met vier nuwe onderwysers: mnr. Johan Olivier, mnr. Mario Toerien, me. Anjonette Erasmus en me. Jacqui van der Merwe.

Olivier is ‘n gebore Mbombela-inwoner en hou al 12 jaar reeds skool. Hy gaan in die intermediêre en senior fase skoolhou en is pas getroud.

Mario Toerien is ingevoer vanaf Pretoria en gaan natuurwetenskappe en tegnologie vir gr. vyf, ses en sewe gee. Hy is mal oor sport, veral atletiek en rugby en is die trotse pa van drie seuns.

Erasmus is ‘n voormalige Numbi-leerling en kom van Secunda af waar sy tot onlangs gewoon het. Sy gee Engels vir gr. vier en vyf. Sy het ‘n passie vir onderrig en is baie opgewonde om te begin skoolhou.

Van der Merwe is ook n oud-leerling en gaan vir die Engelse gr. dries skoolhou. Sy het verlede jaar haar graad voltooi en beskryf haar onderwysfilosofie in ‘n aanhaling deur Hlam Ginott: “Children are like wet cement, whatever falls on them makes an impression.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button