GalleriesNewsSchoolsSports galleries

Laerskool Barberton vasbeslote om te gaan, sien en oorwin

"Die rasieleiers, geklee volgens die Romeinse tema, sowel as die entoesiastiese ondersteuners sal die aarde onder jou voete laat beweeg,” beaam al die leerlinge.

Julius Caesar het gesê: Veni, vidi, vici – I came, I saw, I conquered. Laerskool Barberton Primary het besluit om hierdie woorde hul eie te maak vir die interlaeratletiekbyeenkoms wat vandag plaasvind.

Caesar en sy oorlogsgesinde Romeine het bekendheid vir oorwinnings verwerf en só sal die skool se atlete ook die wenplekke inpalm.

Die interlaeratletiekbyeenkoms is by Hoërskool Nelspruit, met Laerskool Nelspruit wat as gasheer optree en Barberton wat gereed is om skoonskip te maak.

Die skool is baie trots op hulle sterk en gemotiveerde 2016-atletiekspan. “Ons is opgewonde oor hulle prestasies tot op datum en ons het ‘n hoë verwagtinge vir Vrydag se byeenkoms. Hou jou oë op die naellopers in die besonder asook die aflosse wat uitstekend sal vaar,” het skoolhoof, Robert Naudé gesê.

Alhoewel dit moeilik is om individuele leerders uit te sonder, word daar spesiale vermelding van ‘n uitstekende o/10-groep gemaak. Hendré Venter vaar goed in hoogspring, Sazi Shongwe het tot dusver die 80m- en 100m-naellope by al die byeenkomste gewen, en Karabo Ndwandwe was net ‘n kortkoppie agter Sazi.

Sibusiso Kunene het uitstekend by die o/12’s in naellope, verspring en hoogspring presteer. Devandré Ginden moet in die 150m en gewigstoot dopgehou word, Grant de Jager se sterk punte is hekkies, naellope en verspring. ??? Mashiloane, wat tydens 6 Februarie se tuisbyeenkoms ‘n hele paar goue medaljes en een silwer ingepalm het, moet ook in die oog gehou word.

“Die rasieleiers, geklee volgens die Romeinse tema, sowel as die entoesiastiese ondersteuners sal die aarde onder jou voete laat beweeg,” beaam al die leerlinge.

Beste wense aan die atlete, hul afrigters en spanbestuurders vir hulle harde werk.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button